Twee vas vir selfoon-moord
2012-01-16 16:08
Johannesburg – ‘n Vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem vir die moord op haar broer oor ‘n gesteelde selfoon, het die Gautengse polisie gesê.
Die vrou het haar selfoon verloor en vermoed dat haar broer dit gesteel het, het ao. Kay Makhubele gesê.
Sy het haar kêrel in kennis gestel. Daarna het hy by die gesin se huis ingestorm om die vrou se broer te konfronteer.
Die kêrel het glo die vrou se broer doodgesteek.
Volgens Makhubele is die vrou in hegtenis geneem en haar kêrel is steeds onder polisiebewaking in die hospitaal.
Hy het kopbeserings opgedoen nadat woedende gemeenskapslede hom aangerand het, het Makhubele gesê.
Die vrou sal Dinsdag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA