Twee vas vir roof, verkragting
2012-02-08 22:55
Johannesburg – Twee mans is Woensdag in hegtenis geneem in verband met rooftogte en verkragtings wat plaasgevind het in Klipfontein en Rabie Ridge, het die polisie gesê.
Die mans het ‘n huis in Klipfontein binnegegaan en die mense in die huis met ‘n mes en ‘n skroewedraaier gedreig en hulle beroof, het lt. kol. Katlego Mogale gesê.
Twee vroue is tydens die rooftog verkrag.
Een van die mans is in hegtenis geneem toe hy probeer het om die selfoon te verkoop wat hy gesteel het. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van die tweede man, het Mogale gesê.
Die polisie het ook gesteelde goedere teruggevind wat met ander sake in die Klipfontein-gebied verbind word.
Die mans sal binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA