Twee vas vir ritualistiese moord op bejaarde
2011-02-06 18:33
Johannesburg - Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n bejaarde vrou, wie se geskende liggaam in Mahonisi, Limpopo, gevind is, het die polisie gesê.
Volgens kol. Motlafela Mojapelo is die liggaam van die 74-jarige Tsatsawani Maria Macheke Saterdag in haar huis gevind.
Haar liggaam was geskend en verskeie liggaamsdele was vermis.
Die mans, onderskeidelik 35 en 36 jaar oud, is later die dag in hegtenis geneem in die gebied waar Macheke gewoon het.
Dit was die tweede ritualistiese moord van dié aard in die gebied.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA