Twee vas vir plaasmoord
2010-01-07 17:35
Twee mans is aangekeer vir die moorde van die 65-jarige mnr. Koos van Zyl, en sy 60-jarige vrou, Rita, van die plaas Poortjie in die Oos-Vrystaat.
Sers. Majang Mosupa, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), sê ‘n werker van die Van Zyl’s is omstreeks 15:00 gistermiddag op Odendaalsrus in hegtenis geneem.
Sy sê die lede van die publiek het met die SAPD in verbinding getree nadat hulle die Van Zyl’s se dogter se voertuig, wat tydens die voorval gesteel is, opgemerk het.
Volgens Mosupa is die tweede verdagte op die plaas Driepunt, naby Vosloorus, opgespoor.
Lees meer op Landbou.com.