Twee vas vir motordiefstal
2010-05-25 19:00
Johannesburg – Twee mans is Dinsdag by die Roodepoort-afrit op die M2-hoofweg in hegtenis geneem, nadat hulle vermoedelik aan ‘n motordiefstal-sindikaat gekoppel kan word, het die polisie in Gauteng gesê.
‘n Derde verdagte kon daarin slaag om van die polisie te ontsnap.
“Die polisie het op die mans afgekom terwyl hulle besig was om die nommerplaat van hulle Volkswagen Jetta te verander,” het lt. kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, gesê.
Die mans het glo spesifiek Volkswagen-motors geteiken.
Die twee verdagtes is onderskeidelik 22 en 25 jaar oud. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.