Twee vas vir moord op skoolhoof
2009-09-24 19:17
Johannesburg - Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n skoolhoof wat verlede maand in haar kantoor doodgeskiet is.
Kapt. Bernadine Steyn, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die 21- en 31-jarige mans is Donderdag in hegtenis geneem.
Sy kon egter nie verdere besonderhede bekendmaak nie.
Die mans sal binnekort in die hof verskyn.
Nomzoxolo Dziba, waarnemende skoolhoof van die Sithembele Matiso Sekondêre Skool, is in Augustus in haar kantoor doodgeskiet.
Sy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is onbekend.
– Sapa