Twee vas vir moord op bejaarde boer
2010-11-04 12:13
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 76-jarige boer in Toise, naby Stutterheim, het die Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.
“Die twee mans, tussen die ouderdomme van 18 en 21, is Woensdag in hegtenis geneem,” het kapt. Thozama Solani gesê.
Volgens Solani is die mans vasgetrek nadat die polisie ‘n wenk van gemeenskapslede ontvang het.
Die twee mans het glo Jacobus Ludeke Maandag by sy plaas aangeval en doodgemaak.
Sy lyk is Dinsdag by sy huis gevind.
Die verdagtes sal Vrydag in die landdroshof in Stutterheim verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA