Twee vas vir moord in Oos-Kaap
2012-01-15 22:02
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n man vermoor het in Makanyeni naby Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.
Volgens kapt. Ernest Sigobe het die twee mans, onderskeidelik 23 en 24 jaar oud, ‘n man in sy 20’s Saterdag omstreeks 04:00 doodgesteek en toe in die bosse weggekruip.
Die polisie en lede van die gemeenskap het ‘n soektog geloods en hulle in besit van die wapens wat vir die moord gebruik is, betrap.
Hulle is in hegtenis geneem en word in die Kwaaiman-polisieselle aangehou. Hulle sal eersdaags in die Kwaaiman-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA