Twee vas vir kredietkaart-bedrog
2010-08-18 22:01
Kaapstad – Twee mans is in Monte Vista in Goodwood naby Kaapstad in hegtenis geneem vir vermeende kredietkaart-bedrog, het polisie Woensdag gesê.
"Polisie binne die polisiediens se kommersiële misdaadeenheid het ‘n gastehuis in Monte Vista ondersoek en twee verdagtes in hegtenis geneem,” het luit. kol André Traut gesê.
Die verdagtes is onderskeidelik 70 en 40 jaar oud.
Volgens Traut is daar op menigte van die twee se besittings beslaggelê, insluitende 170 kredietkaarte en menigte toestelle wat vir die vervalsing van kredietkaarte gebruik word.
Die verdagtes sal na verwagting Vrydag op aanklag van bedrog in die hof verskyn.
Volg nuus24 op Twitter.