Twee vas vir gewapende roof in Durban
2011-11-02 18:01
Johannesburg – Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n winkeleienaar met gewere aangehou en kontant geëis het in Greenwood Park, Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.
“Die winkeleienaar het ‘n onbekende hoeveelheid kontant oorhandig en die rowers het Dinsdagaand te voet van die misdaadtoneel gevlug,” het kapt. Thulani Zwane gesê.
“Die polisie is na die toneel ontplooi en het ‘n beskrywing van die rowers ontvang.”
Die mans is later in Greenwood Park in hegtenis geneem. Die gesteelde kontant en twee 9 mm-pistole is teruggevind, het hy gesê.
‘n Ballistiese ondersoek sal uitgevoer word om te bepaal of die vuurwapens gebruik is om enige ander misdade te pleeg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA