Twee vas vir R700k se perlemoen
2009-08-05 18:24
Johannesburg – Twee mense is Dinsdag in Beaufort Wes in hegtenis geneem nadat hulle met ongeveer R700 000 se perlemoen gevang is, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Die twee 38-jarige mans is gevang met 50 sakke perlemoen, het kaptein Malcolm Pojie in ‘n verklaring gesê.
Die perlemoen is gevind nadat polisie ‘n Toyota Quantum minibus, wat oppad was na Johannesburg, op Dunkinstraat afgetrek het.”
Die voertuig het ‘n vals nommerplaat gehad en die polisie het dit en die perlemoen gekonfiskeer.
Die twee sal Donderdag in Beaufort Wes se landdroshof verskyn.
- Sapa