Twee vas ná skietery in Kaapstad
2010-06-07 20:04
Kaapstad – Die polisie het twee verdagtes vasgetrek nadat Pleinstraat in Kaapstad se middestad toegemaak is na afloop van ‘n skietery.
Kapt. Ezra October, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê metropolisielede se aandag is getrek toe skote naby 'n klerewinkel in die St. George's-wandelgang geklap het waarna die twee verdagtes op die vlug geslaan het.
Een van die mans het glo van St.George’s-wandelgang gehardloop en by die ou Ontvanger van Inkomste-gebou probeer inhardloop.
Die polisie en nooddienste het vinnig op die toneel toegesak.
Volgens ‘n e-News aanbieder op die toneel is die verdagte in die been geskiet en per ambulans na die hospitaal geneem.
“Ons het die twee verdagtes vasgetrek,” het ao. November Philander, polisiewoordvoerder, later aan Sapa bevestig.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA