Twee vas ná ouetehuis-skietery
2011-07-27 21:09
Johannesburg – Twee mans wat ‘n ouetehuis in
Yeoville probeer beroof het is ná ‘n
skietery met die polisie, in hegtenis
geneem.
Die polisie het omtrent 10:00 ‘n wenk ontvang
dat daar ‘n rooftog by Nazareth ouetehuis gaan wees, het Konstabel Thabo
Malatjie gesê.
Die polisie het hul na die ouetehuis gehaas en
die rowers ingewag.
“Ses mans het in ‘n Toyota Corolla by die ouetehuis
aangekom en, gewapend met gewere, die gebou ingestorm,” het Malatjie gesê.
“Die polisie het die gebou genader en die
verdagtes het op hulle begin skiet.
“Die polisie het teruggeskiet en ‘n
heen-en-weer geskietery het ontstaan,” het Malatjie gesê.
Vier van die vermeende rowers het weggekom
maar twee medepligtiges is deur die polisie vasgetrek.
Volgens Malatjie was die Toyota Corolla
waarmee hulle gery het ‘n paar weke gelede in Eldorado Park, suidwes van
Johannesburg, gekaap.
Die twee verdagtes, wat 22 en 23-jaar-oud is,
sal in die Johannesburg landroshof op aanklagte van poging tot gewapende roof
verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA