Twee van departement van gesondheid sterf in ongeluk
2010-11-13 04:52
Johannesburg – Twee amptenare van die departement van gesondheid in Limpopo is Vrydag in ‘n motorongeluk op die N1-hoofweg by die Mogwadi-afrit buite Polokwane dood, het paramedici gesê.
Die ongeluk het rondom 19:00 plaasgevind, het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
“Die polisie ondersoek nog die presiese oorsaak van die ongeluk,” het hy gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gevind dat die bakkie van die departement van gesondheid in die kant van ‘n vragmotor vasgebots het, het Botha gesê.
“Beide die insittendes van die bakkie is op slag dood as gevolg van die ernstige beserings wat hulle opgedoen het.”
Die vragmotor-bestuurder het sonder enige beserings ontsnap.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA