Twee van Tembisa vas ná rooftog
2011-09-22 20:05
Johannesburg – Twee mans is Dinsdag in Tembisa aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n winkel beroof het wat deur ‘n Pakistanse man besit word.
Die winkeleienaar is deur drie mans aangeval kort nadat hy die winkel om 07:00 oopgemaak het, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
Hulle het hom met ‘n geweer aangehou en lugtyd-pakkette en kontant gesteel.
“Toe die rowers weggehardloop het, het patrollerende polisiebeamptes hulle agternagesit en een van hulle gevang,” het Tsinyane gesê.
“Hy het die polisie na ‘n huis in Ivory Park gelei, waar ‘n ander man in hegtenis geneem is.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA