Twee transito-rowers vas
2010-01-21 22:40
Johannesburg – Twee beweerde transito-rowers is Woensdag in Johannesburg gearresteer, het Musa Zondi, woordvoerder van die Valke Donderdag gesê.
Volgens hom vorm die paartjie deel van die polisie se mees gesoekte misdadigers.
Een man is in Winterveldt in hegtenis geneem terwyl die ander een in Kempton Park gearresteer is.
Albei mans word verbind met ‘n hele paar ernstige en geweldadige misdade, veral transito-rooftogte.
‘n Derde transito-rower is die naweek in Fourways in hegtenis geneem.
- Sapa