Twee tienermeisies van Bloemfontein verdwyn

2011-08-20 10:13
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Die familie van twee tienermeisies van Bloemfontein wat twee weke gelede spoorloos verdwyn het, is rasend van bekommernis oor waar die meisies hulle bevind.

Die bekommerde ouers vertrou steeds dat hul kinders terug huis toe sal keer.

Evodia Arends (16), ’n gr.10-leerling aan die Hoërskool Heatherdale, en Raquel Louw (19) word al sedert Vrydag 5 Augustus vermis. Hulle is wel die volgende dag vir die laaste keer by die munisipale woonstelle in Brandwag gesien.

Hul onderskeie ma’s, Bessie Smith en Koba van Rooi, het ’n begrafnis op Upington bygewoon toe familielede hulle gebel het om te sê dié twee het nie daardie Vrydagaand tuis geslaap nie.

Smith en Van Rooi het hulle na Bloemfontein gehaas en die strate ingevaar om na die twee meisies te soek.

“Ons het oral in nagklubs, woonstelblokke in die stad en selfs in Andries Pretoriusstraat sonder enige sukses na die kinders gesoek,” sê ’n hartseer Van Rooi.

Van Rooi sê hul huis wat eers vol vreugde was, is nou vol hartseer en kommer.

“Ek verlang na Raquel se vrolikheid en haar uitbundige lag,” sê die bekommerde ma.

“Ek vertrou die Here vir hul veiligheid en bid dat hulle nie seer gekry het nie.”

Smith sê sy kry bittermin slaap sedert die kinders se verdwyning.

Evodia se verdwyning is steeds vir haar ’n raaisel.

“Daar was geen tekens dat Evodia ongelukkig was nie.

“Sy was stout soos enige ander kind.”

“Voordat ek na Upington vertrek het, het ek haar gevra om ’n rekening te betaal,” sê ’n bewoë Smith.

Toe sy terugkeer van Upington, het sy die kwitansies gekry van die rekeninge wat betaal is.

“As sy wou wegloop, sou sy mos die geld vir haarself gehou het. Máár sy het nie, want sy is nie so ’n kind nie.”

Smith hoop vir die beste en vind berusting in God.

Enigiemand met inligting kan Leon Rossouw by 083 410 0900 bel, of ’n e-pos aan info@detectives.co.za stuur.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wesley.nel.5 sê... Stem saam, hy is 7, maak die venster oop Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.