Twee sterf toe voertuig taxi tref
2011-12-23 23:00
Durban – Twee mans is dood toe hul motor reg van voor teen 'n taxi op die R617 buite Underberg in KwaZulu-Natal gebots het, het paramedici Vrydag gesê.
Die taxi-bestuurder is die enigste persoon in die taxi wat nie beseer is nie. Die motor het vyf insittendes gehad, het ER24-woordvoerder, Derrick Banks, gesê.
Die bestuurder van die motor en een passasier was in die wrak vasgekeer.
"Die bestuurder is op die toneel dood. Die passasier is uit die wrak gehaal en het noodbehandeling ontvang, maar hy het aan sy beserings beswyk."
Banks het gesê die drie passasiers wat agter in die motor gesit het, het ligte beserings opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter.