Twee sterf toe trok omval
2010-12-30 11:00
Kaapstad – Twee mense, insluitende die bestuurder, het gesterf nadat die vragmotor waarin hulle gery het op die N1-hoofweg naby Bellville in Kaapstad omgeslaan het, het die Wes-Kaapse verkeersdepartement Donderdag gesê.
“Die vragmotor het glo brood vervoer toe die voorval plaasgevind het.
“Die vermoede bestaan dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het,” het Harold Williams, departementele woordvoerder, gesê.
Geen ander voertuie was in die voorval betrokke nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA