Twee sterf toe bakkies bots
2010-08-03 04:33
Johannesburg – ‘n Man en vrou is dood toe twee bakkies Maandagaand trompop teen mekaar gebots het in Durban, het die KwaZulu-Natalse paramedici gesê.
Een van die voertuie het uit die baan beweeg terwyl dit om ‘n skerp draai gegaan het op ‘n pad naby Umzinyathi, wes van Durban.
Terwyl die bakkie om die draai gegaan het, het die voertuig teen ‘n aankomende bakkie gebots, het Jeffrey Wicks, Netcare 911-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
‘n Bejaarde vrou wat die passasier in een bakkie was is dood asook ‘n man wat in die ander voertuig was.
Die bestuurder van die eerste bakkie is in ‘n kritieke toestand en was in die wrak vasgekeer.
Vyf ander mense is ook beseer en na hospitale in Phoenix geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA