Twee sterf, nege beseer in Bloem-ongeluk
2012-12-22 15:00
Bloemfontein – Twee mense is dood toe 'n minibus-taxi Vrydag op die R30 tussen Brandfort en Bloemfontein in die Vrystaat gerol het.
“Die bestuurder van ‘n Toyota Venture met agt passasiers het beheer
oor die voertuig verloor,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die
padverkeerbestuurskorporasie, gesê.
“Dit is nog nie duidelik wat die
ongeluk veroorsaak het nie, maar daar was gebreekte bottels oor die pad
gestrooi.
Twee passasiers is op die toneel dood en vier ander is in ‘n ernstige
toestand na die hospitaal geneem.
Ismael het motoriste gewaarsku om nie
onder die invloed van alkohol te bestuur nie en raai motoriste aan om
“defensief” te bestuur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA