Twee sterf ná vragmotor, motor bots
2011-12-25 13:00
Bloemfontein – Twee mans is dood en 'n ander man ernstig beseer nadat 'n motor op die N5 in die Vrystaat teen 'n vragmotor gebots het, het paramedici gesê.
Paramedici het die lyke van twee mense in die wrak van die motor gevind, terwyl 'n beseerde man langs die motor gelê het, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
"Dit lyk asof een van die voertuie uit sy laan beweeg en trompop met die ander voertuig gebots het."
Die beseerde man is op die toneel behandel en na 'n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA