Twee sterf ná ouetehuis brand
2010-05-01 22:05
Chantelle Nicholas
Kaapstad - Twee bejaarde mans is dood en verskeie ander word vir rookinaseming behandel nadat 'n ouetehuis in Paarl aan die brand geslaan het.
Volgens kapt. F C van Wyk het die brand omstreeks 18:15 by die Rusthof ouethuis in Bougean Villeastraat uitgebreek.
Die brand het ontstaan nadat 'n lampolie-stofie glo omgeslaan het.
Altesaam 85 bejaardes is uit die ouetehuis ontruim.
Verskeie ander word steeds by die Paarl-hospitaal vir rookinaseming behandel, terwyl sommige reeds ontslaan is.
'n Laerskool in die Paarl dien tans as tydelike verblyf vir diegene sonder huisvesting.
Die oorledenes is mnre. Lodewyk Jansen (70) en Gert van Rooyen (65).
'n Geregtelike doodsondersoek moet nog gedoen word, en die polisie wag nog op 'n verslag vanaf die brandweer, het Van Wyk gesê.