Twee sterf ná motors in kruising bots
2011-12-24 21:00
Johannesburg – Twee mans is dood nadat twee motors by 'n kruising in Randburg, Johannesburg, gebots het, het paramedici Saterdag gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê 'n sedan het omstreeks 12:30 teen die kant van 'n 4x4 gebots.
Die bestuurder van die sedan en sy insittende is op die toneel dood verklaar, het Jackson gesê.
Twee passasiers wat agter in die sedan gesit het is na die Charlotte Maxeke- en Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Jackson kon nie sê hoeveel mense in die 4x4 was nie. Sy het gesê hulle is na die Olivedale-kliniek geneem vir behandeling.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA