Twee sterf ná bakkies bots
2011-12-14 12:30
Johannesburg – Twee mans is dood nadat twee bakkies in Honeydew Ridge in Roodepoort, noordwes van Johannesburg, Woensdagoggend gebots het, het paramedici gesê.
Die ongeluk het in Paul Krugerweg in Honeydew Ridge plaasgevind, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Albei bakkies het in dieselfde rigting gery toe een van die bestuurders beheer oor sy voertuig verloor het.
"Die voertuig het omgeslaan, waarna die twee voertuig daarteen gebots het."
Die bestuurder en passasier in die eerste voertuig is dood.
Die bestuurder van die tweede voertuig is in 'n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA