Twee sterf ná bakkie op pad kerk toe omslaan
2011-12-11 15:30
Kaapstad – Twee mense is dood en 20 ander Sondagoggend beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het in Somerset-Wes omgeslaan het, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.
André Visser, woordvoerder van ER24, het gesê die mense was in 'n Hyundai-bakkie op pad kerk toe, toe die voertuig op die N2 naby Sir Lowryspas omslaan.
Twee mense is op die toneel dood.
'n Tweejarige kind en 'n man is per helikopter hospitaal toe geneem. Die ander beseerde mense is na verskeie hospitale in die gebied geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA