Twee sterf in trompop-botsing
2010-05-03 21:17
Johannesburg - Twee mense het Maandag ná 09:00 in ’n trompop-botsing tussen twee motors en ’n vragmotor gesterf, het die paramedici gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 het gesê die paramedici het die wrakke van die drie voertuie, oral oor die Garsfontein-pad in die gebied van Mooikloof gestrooi, met hul aankoms aangetref.
"Twee van die insittendes van een van die voertuie het steeds in hul motor se wrak vasgesit.
Albei het op impak weens hul ernstige beserings dood,” het hy gesê.
Nóg twee mense is op die toneel behandel en na die Netcare-hospitaal in Pretoria-oos vir verdere behandeling geneem.
-Sapa