Twee sterf in taxi-ongeluk
2010-07-24 21:44
Johannesburg - Twee mense is dood en talle ander, waaronder drie nooddienswerkers, is beseer ná die taxi waarin hulle gery het teen 'n ligpaal gebots het.
Die nooddienswerkers was op pad werk toe, toe die ongeluk omstreeks 06:00 plaasvind.
Die M1 naby Killarney in Johannesburg is vir verkeer gesluit omdat talle pasiënte per helikopter na die hospitaal geneem moes word.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê al die pasiënte is van die toneel verwyder.
"Drie ander mense het ernstige beserings opgedoen en nog drie het ligte beserings opgedoen."
Die pad is intussen oopgestel vir verkeer.
– Netcare
Volg Nuus24 op Twitter