Twee sterf in ongeluk
2010-09-05 17:00
Johannesburg – Twee mense is dood en vyf ander beseer in ‘n kop-aan-kop botsing op die M1 Higginson-hoofweg naby Arena Park, Chatsworth.
Die ongeluk het vroeg Sondagoggend gebeur, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
“Daar word beweer dat die ligte voertuig met vyf insittendes insluitend die bestuurder teen ‘n bakkie gebots het,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 gesê.
Die bestuurder van die ligte voertuig sowel as een van die passasiers is opslag dood.
Die ander drie insittendes was in die motor vasgekeer.
Twee insittendes in die bakkie, die bestuurder en sy passasier het ernstige beserings opgedoen.
Al die beseerdes is in die hospitaal opgeneem vir verdere behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter.