Twee sterf in kop-aan-kop botsing
2010-05-28 00:29
Johannesburg – Twee mense het gesterf en ‘n derde persoon is ernstig beseer nadat hulle in ‘n kop-aan-kop botsing in Limpopo betrokke was, het paramedici Donderdagaand gesê.
Een van die voertuie het voor aankomende verkeer op die R521 ingery, het Netcare 911 se woordvoerder, Chris Botha gesê.
Die ongeluk het omstreeks 18:30 Donderdagaand plaasgevind.
Paramedici het met aankoms albei bestuurders in hul onderskeie motors aangetref.
"Beide bestuurder het op slag gesterf weens die impak van die botsing en ernstige besering,” het Botha gesê.
Die beseerde persoon is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verder behandeling.
-Sapa
-Volg Nuus24 op Twitter.