Twee sterf in VS-ongeluk
2011-11-27 15:00
Bloemfontein – Twee mans is dood toe in 'n trompop-botsing tussen 'n bakkie en 'n vragmotor naby Bloemfontein in die Vrystaat, het paramedici Sondag gesê.
Netcare911-woordvoerder Jeffrey Wicks het gesê die bestuurder van die bakkie het beheer oor sy voertuig verloor en in die pad van aankomende verkeer beland.
Die bakkie het teen die vragmotor gebots en 'n tweede vragmotor het die wrak van die bakkie getref.
Wicks het gesê die bestuurder van die bakkie en sy passasier is op die toneel dood.
Hy het bygevoeg dat twee mense in die tweede vragmotor ernstig beseer is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA