Twee sterf in Pta-botsing
2011-12-25 11:30
Pretoria – Twee mense is dood nadat 'n motor Saterdag teen 'n bakkie in Cullinan, oos van Pretoria, gebots het, het die metropolisie gesê.
Console Tleane, woordvoerder, het gesê 'n Mercedes Benz het verskeie motors verbygesteek en teen 'n bakkie gebots toe die bestuurder vir aankomende verkeer wou uitswaai.
Die mense in die bakkie is dood en twee ander mense is in 'n ernstige toestand in die hospitaal.
Vyf ander mense het ligte beserings opgedoen.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA