Twee sterf in Mpumalanga-ongeluk
2011-12-28 14:46
Johannesburg – Twee mense is in 'n trompop-botsing tussen 'n motor en 'n vragmotor op die N4-tolpad by Machadodorp in Mpumalanga dood, het die provinsie se departement van vervoer Woensdag gesê.
"Ons vermoed die bestuurder van die motor was besig om 'n ander voertuig verby te steek toe hy beheer verloor en teen die vragmotor gebots het," het woordvoerder Joseph Mabua gesê.
Daar was slegs twee persone in die motor en hulle is albei dood. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie."
Meer as 100 mense het sedert die begin van die feesseisoen op paaie in Mpumalanga gesterf.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA