Twee sterf in KZN-storms
2009-11-20 03:40
Johannesburg – Twee mense is Donderdag in twee verskillende weer-verwante ongelukke in Port Shepstone dood, het SABC-nuus berig.
‘n 17-jarige skoolmeisie is dood nadat sy probeer het om ‘n rivier oor te steek op pad skool toe by Kwandlelu.
In ‘n ander voorval is ‘n man dood nadat sy motor in ‘n rivier ingegly het as gevolg van die reën, het ‘n woordvoerder vir vervoer in KwaZulu-Natal gesê.
Die ongeluk het op die P200 pad gebeur, het woordvoerder Bheki Mncube gesê.
“Sy lyk is op P620 naby St Michaels strandmeer gevind, nie te ver van waar die voertuig ingegly het nie,” het Mncube gesê.
- Sapa