Twee sterf in KZN-ongeluk
2011-04-30 18:07
Johannesburg – Twee mans is dood en ‘n ander man is in ‘n kritieke toestand nadat twee motors by 'n kruising in Springfieldpark in KwaZulu-Natal gebots het, het paramedici gesê.
Volgens Jeff Wicks, ‘n woordvoerder vir Netcare 911, het ‘n voertuig teen die kant van ‘n motor vasgery. Hy sê die ongeluk het Vrydagaand op die hoek van Alpine- en Umgeni-weg gebeur.
Drie mans was in die verwronge motor vasgekeer nadat dit gerol het, het Wicks gesê.
Twee van die mans is dood aangetref. Die ander man is na ‘n hospitaal geneem.
Die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA