Twee sterf in Gauteng-ongeluk
2012-01-15 18:49
Johannesburg – Twee mense het Sondag gesterf toe hulle van die agterkant van ‘n bakkie af geslinger is naby Vereeniging, het paramedici gesê.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die twee mans, albei in hul 30’s, is van die bakkie af geslinger toe die bestuurder beheer oor die motor verloor het.
Die twee mans is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die voertuig was in ‘n kritieke toestand en is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA