Twee skoolkinders verdrink in Strandfontein
2011-10-07 19:02
Kaapstad – Twee skoolkinders op vakansie in Kaapstad het
in ‘n swembad in Strandfontein verdrink.
Nicholas Maduku (16) en Koketso Mohlahla (15)
van die Letlhogile-middelskool in Molelema, Taung, het Dinsdag verdrink, het die opvoedkundedepartement
in ‘n verklaring gesê.
Hulle was deel van ‘n skoolkamp wat by ‘n
Rotary-kampterrein in Strandfontein gebly het.
“Hulle het verdrink nadat hulle sonder
toestemming in die kampterrein se swembad gaan swem het.
“Die oorledenes was deel van ‘n groep van 82
leerders op ‘n opvoedkundige uitstappie na Kaapstad,” het die departement gesê.
Die Wes Kaap se sosiale ontwikkelingsdepartement
tesame met die burgemeester se kantoor en Irma Jackson van Mitchells Plein bied
berading en praktiese ondersteuning aan die skoolgroep.
Die LUR van die Noordwes se
onderwysdepartement Raymond Elisha het sy skok en hartseer aangaande die voorval uitgespreek.
Hy sal binnekort ‘n besoek aan hul families
aflê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA