Twee seuns verdrink by steengroef
2011-12-18 19:58
Johannesburg – Twee seuns het verdrink in ‘n steengroef naby hul huis in Takaneng in Taung, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
Die seuns, albei 11 jaar oud, het Saterdag in die steengroef gaan swem, het sers. Karen Tredoux gesê.
Ná ‘n soektog het die Taung-brandweerdiens een van die lyke teruggevind. Die ander lyk is Sondag gevind, het Tredoux gesê.
‘n Ondersoek na die verdrinkings is geloods.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA