Twee seuns in Kaap vermis
2011-07-09 15:00
Kaapstad – Die nie-regeringsorganisasie The Pink Ladies het Vrydag 'n soektog geloods na twee seuns wat in Mitchells Plain in die Wes-Kaap vermis geraak het.
Die seuns, onderskeidelik vyf en 11 jaar oud, is Vrydag laas in die Tafelsig-woonbuurt op die Kaapse Vlakte gesien.
"Die 11-jarige Rasool Shardanund het Naeen Saralina (5) kom haal en hom iewers heen geneem. Ons het die hele aand na hulle gesoek maar kon die seuns nêrens kry nie," het dié organisasie se woordvoerder, Desi Rechner, aan EyewitnessNews gesê
Daar is tans geen foto's van die vermiste seuns beskikbaar om met die soektog te help nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
– EyewitnessNews