Twee renosterbulle in Mpumalanga afgemaai

2011-11-07 09:07
Tweets Share Share line Print

Nelspruit - Nog twee renosters is die naweek in Mpumalanga naby Hectorspruit doodgeskiet, maar net ’n stuk van een se horing is afgesaag.

Die twee volwasse witrenosterbulle is eergisteraand op die plaas Mauricedale van John Hume met ’n swaarkaliber jaggeweer afgemaai.

Die vorige aand het twee vermeende renosterstropers wat vroeër die week in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is, saam met nog twee mans uit die polisieselle in Skukuza ontsnap deur ’n venster oop te breek. ’n Vyfde man wat saam met hulle aangehou is, het in die selle agtergebly.

Volksblad verneem van ’n betroubare bron wat nou by die ondersoeke na renosterstropery in Mpumalanga betrokke is, daar word gekyk na ’n moontlike verband tussen die ontsnapping en die jongste voorval.

Veldwagters van Mauricedale het glo Saterdagaand vroeg skote op die plaas hoor klap. Hulle het onmiddellik begin soek in die rigting waaruit die skote gehoor is.

Die vermoede is dat die veldwagters daar aangekom het voordat die stropers die tweede renoster se horings kon afsaag.

Die twee bulle, wat na raming sewe jaar oud is, se karkasse het sowat 250 m van mekaar gelê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: diere  |  renosterstropery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

butch.vanblerk sê... STEM SAAM HARRY - DIS DIE ANC SE EIE NUUTGEVONDE DOPSTELSEL - NET SOOS DIE RES VAN DIE 15 MILJOEN WELSYN (PAPGELD) TOELAES - EN DAN DAN HET HUL DIE BOERE VERGUIS OOR DIE "DOPSTELSEL" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.