Twee presidente vir Cope?
2010-05-29 13:45
Kempton Park – ‘n Plan van aksie vir die slegste moontlike scenario wat deur Andries Keun, Cope se Tshwane-voorsitter, uiteengesit is, mag dalk net die werklikheid word, het hy Saterdag tydens ‘n onderhoud gesê.
Volgens Keun is ‘n skeiding in die party moontlik indien die huidige probleem nie opgelos word nie.
“Ons mag dalk geen keuse hê nie… Ons het ‘n ooreenkoms gehad,” het hy gesê met verwysing na die nasionale komitee – Cope se hoogste gesagsliggaam – se besluit dat Saterdag se konferenise ‘n beleidskonferensie moet wees en nie ‘n verkiesingskonferensie nie.
“Hulle probeer om die party te kaap.”
Keun is van mening dat Mbhazima Shilowa, Cope se adjunk-president, die party terug na die ANC sal neem indien ‘n skeiding in die party plaasvind.
Mosiuoa Lekota, die leier van Cope, het gedreig dat hy regstappe sou neem en ‘n hofinterdik aanvra om te keer dat die party se verkiesingskonferensie Saterdagoggend voortgaan.
As die interdik misluk, sal daar Maandag twee presidente van Cope wees, het Keun gesê.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.