Twee polisiereserviste in Hillbrow geskiet
2011-03-12 13:06
Johanneburg - Twee polisiereserviste is Saterdag in Hillbrow gewond toe verdagtes op hulle geskiet het, het die Johannesburgse polisie gesê.
Die beamptes was besig om die gebied te patrolleer toe hulle 'n rooftog op straat gewaar het. Hulle het probeer ingryp, het konst. Thabo Malatjie gesê.
Die verdagtes het in 'n nabygeleë gebou in gehardloop. Toe die beamptes hulle jaag, het die verdagtes op hulle geskiet.
Een beampte is in die hand gewond, en die ander is in die boud getref.
Albei beamptes is in 'n stabiele toestand in die hospitaal.
Die verdagtes het weggekom.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA