Twee polisiemanne in O-Kaap doodgeskiet
2011-10-22 23:00
Johannesburg –Twee polisiemanne is Saterdag deur verdagtes op Tsomo naby Butterworth in die Oos-Kaap doodgeskiet.
'n Polisiewoordvoerder, Marinda Mills, het gesê twee lede wat van diens af was, het op 'n selfoonoproep oor 'n huisbraak by 'n winkel gereageer.
Hulle het die plaaslike polisie ingelig en met 'n privaatvoertuig na die toneel gery. Die verdagtes het op hulle en van die ander polisie wat opgedaag het, losgebrand.
Die twee polisielede is op die toneel dood waarna die verdagtes hulle voertuig en vuurwapens afgeneem het.
Die voertuig is later verlate tussen Tsomo en Butterworth gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA