Twee polisiemanne agter tralies
2010-02-04 13:00
Kaapstad – Twee polisiebeamptes is in Kaapstad vir diefstal in hegtenis geneem.
Die twee beamptes, wat ten tyde van die voorval aan diens was, word daarvan verdink dat hulle vroeër vandeesweek van twee winkels wat aan Somaliërs behoort in Du Noon gesteel het.
Hulle het die twee winkeleienaars genader, en glo sigarette en kontant geeïs, waarna hulle glo met sowat R3500 se sigarette en R1000 in kontant weggekom het.
Vir die volledige storie, besoek Eye Witness News