Twee met messe doodgesteek
2009-11-30 15:03
Johannesburg - Twee mans van die Vrystaat is Sondag dood in twee afsonderlike voorvalle waartydens hulle met messe doodgesteek is.
“Beide mans is dood verklaar op die toneel,” het konst. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, gesê.
In die eerste voorval is ‘n 42-jarige man na bewering deur sy broer doodgesteek. Volgens Khosana, het die twee glo by ‘n huis in Stilte Park gekuier toe ‘n geveg tussen hulle losgebreek het.
“Die man se jonger broer het hom glo met ‘n mes in die bors gesteek.”
Die 24-jarige verdagte is in verband met die moord in hegtenis geneem.
In ‘n soortgelyke voorval is Madolo Maleke, ook van Stilte Park, doodgesteek nadat hy in ‘n argument oor ‘n vrou betrokke geraak het.
Die vrou se kêrel is in verband met die moord in hegtenis geneem.
Beide verdagtes sal in Virginia in die landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
–Sapa