Twee mense in Cradock vermoor
2010-12-11 18:49
Johannesburg – Twee mense is vroeg Saterdagoggend in aparte voorvalle in Cradock vermoor, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
‘n 65-jarige vrou is in die eerste voorval vermoor. Sy is erg aangerand en met ‘n steekwond in die middel van ‘n straat in die Lingelihle informele nedersetting omstreeks 05:00 gevind, het kapt. Stefanie Smith gesê.
Verdere details is nie bekend nie, maar ‘n saak van moord is oopgemaak.
‘n Man is in ‘n aparte voorval doodgesteek nadat ‘n argument omstreeks 01:00 tussen hom en ‘n vriend ontstaan het.
Volgens Smith het die twee alkohol by ‘n kroeg in Adelaide gedrink toe die argument ontstaan.
Die vriend is in hegtenis geneem en sal eersdaags in die Adelaide-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA