Twee meisies sterf in brand
2010-09-23 15:23
Johannesburg – Twee jong kinders het Donderdagoggend Gabalatsane in naby Ga-Rankuwa doodgebrand toe hul plakkershut aan die brand geslaan het, het die polisie in Pretoria gesê.
Die kinders, onderskeidelik twee en drie jaar oud, wat saam met hul pa gewoon het nadat hul ma onlangs oorlede is, het in die plakkershut geslaap toe die voorval plaasvind, het ao. Matthews Nkoadi gesê.
Volgens Nkoadi is die oorsaak van die brand onduidelik.
Die pa se suster, wat na die twee jong meisies gekyk het, het hom gebel en gevra dat hy huis toe moet kom. Sy het hom gebel net ná hy werk toe is.
Toe hy by sy huis aankom, het sy plattershut afgebrand asook die hut wat langs syne gestaan het.
Sy suster het in die tweede afgebrande hut gewoon, maar sy kon die brand ontsnap.
Die voorval word tans deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA