Twee meisies in die Oos-Kaap verkrag
2010-12-05 19:31
Kaapstad – Twee meisies, vier en vyf jaar oud, is glo deur ‘n man in die dorp Manzana, naby Ngcobo vekrag, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
“Die mesies se ouers was nie tuis toe ‘n 53-jarige man in die huis gegaan en hulle verkrag het nie,” het kol. Mzukisi Fatyela, ‘n woordvoerder gesê.
Die voorval het Saterdagaand omstreeks 17:00 gebeur.
Nadat bure die meisies gehoor huil het, het hulle na die huis gegaan en die polisie in kennis gestel.
Die man het gevlug maar is Sondagoggend ongeveer 04:00 gearresteer.
Hy sal Maandag in die Ngcobo landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA