Twee mans sterf in brand
2011-12-02 10:59
Kaapstad – Twee mans is Vrydagoggend dood in 'n brand wat drie plakkershutte in Khayelitsha buite Kaapstad verwoes het, het die stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling gesê.
Wilfred Solomons-Johannes, ’n woordvoerder van die stad Kaapstad se rampbestuur-afdeling, het gesê die brand het omstreeks 02:30 by Site C in Gubayostraat uitgebreek.
"Die brand het drie plakkershutte verwoes en ses mense dakloos gelaat. Twee mans is onherkenbaar verkool in die brand."
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA