Twee mans in huis geskiet
2011-06-21 16:59
Oos-Kaap – Twee mans is gewond nadat hulle Maandagaand deur aanvallers by 'n huis in Uitenhage in die Oos-Kaap geskiet is, het die polisie gesê.
Die eienaar van die huis in Kikustraat en 'n groep vriende het partytjie gehou toe vier mans by die agterdeur wou inkom, het lt. kol. Priscilla Naidu in 'n verklaring gesê.
Johnson Lungiselela (50), eienaar van die huis, was in die kombuis toe hy na die deur haas om dit toe te maak. Die gewapende man het toe die deur oop forseer.
Sidwell Munziya (50), Lungiselela se vriend, het hom gehelp om die deur toe te maak toe hy in die rug geskiet is.
Lungiselela is in sy been gewond.
Die twee mans is na die Uitenhage Provinsiale Hospitaal geneem en is in 'n stabiele toestand. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA